
Francois het in 2001 sy passie sy beroep gemaak toe hy besluit het om voltyds te begin sing. Hy het gou begin naam maak met optredes by feeste, in pubs en korporatiewe funksies.
In 2002 stof hy meer as 1000 mededingers uit en wen die “Central Community Newspapers” en “Media 24” se ‘Spontaan’ sang kompitisie. In 2003 dring hy deur na die top 25 in kykNET se ZING faam. Twee van die liedjies wat Bouwer geskryf het, het deurgedring na die semifinaal van ATKV se Crescendo 2005. Hy het ook al ‘n draai in die teater gemaak toe hy genooi was om by die PACOFS teater en die OFM Downstage op te tree in die produksies “Bloemfonteinsterre in konsert” en “Ladies Night” saam met verskeie kunstenaars en in die Sand du Plesiss teater met “Dream girl”. Hy is tans besig met voorbereiding vir twee nuwe prokusies wat op die planke sal kom teen later 2012. Die eerste show is oor die immergroen en altyd gewilde liedjie skryrwer en sanger ‘Cat Stevens’ en al sy grootste treffers.
Francois is ook geen vreemdeling vir feeste nie, met optredes by KKNK, Aardklop, Volksblad Kunstefees, iniBOS, Kersie Fees, Stook Fees, Skilpie Fees, Gariep Fees, Haak en Steek Fees en vele ander. Hy het by die Macufe Fees saam met Johnny Clegg en die UK Flashmonkeys opgetree en is ‘n gereelde gaskunstenaar by Cheetah Rugby byeenkomste by Vodacompark. Hy is ook geen vreemdeling aan motorfiets “Rally’s” nie. Hy tree ook gereeld op as gaskunstenaar by private en openbare funksies saam met groot name soos Bosveldklong, Wikus van der Merwe, Ray Dylan en Theuns Jordaan, om net n paar te noem.
Francois se debuut album bestaan uit 14 oorspronklike snitte en 1 herverwerking van David Kramer se “Skipskop”. Die CD is vervaardig deur Andre Roos (Brak Musiek) en word versprei deur F&D RECORDS. Sy eerste ‘single’ 18 Rose en ‘Dink jy darem aan my’ het alreeds op radio begin roteer. Sy vertonings bestaan uit bekende Afrikaanse en Engelse populere liedjies sowel as sy oorspronklike musiek.
Francois se ‘Jy moet my onthou’ het aantal weke as no. 16 onder die OFM top 40 geeindig. Hy was ook onder SA top 20 van VCR radio stasie en word nogsteeds gereeld gespeel op verkeie stasis soos OFM, Rosestad, Kovsie FM, IFM, VCR, Radio Rippel, Med FM, RSG en Radio Pretoria op aandrang van luisteraars. Francois se akoestiese snit ‘Gladloop’ wat nie op de album beskikbaar was nie het toe ook die tema lied geword vir die hengel maatskappy Eco-Catch. Hulle het met die lied hulle nuwe reeks varswater hengel DVD’s bekend gestel.
Kyk uit vir hierdie blink ster by ‘n venue naby jou…
|
|
||

Share this:






