Sunday, May 20, 2012

Rufus Botha

Rufus Botha is ‘n tweetalige mikrofoonman met meer 24 jaar ondervinding. Sy veelsydigheid spreek boekdele wat insluit dienste as internasionale sportaankondiger waar hy veral op atletiekbyeenkomste groot lof toegeswaai word.

Hy doen gereeld diens as seremoniemeester by ondermeer prysuitdelings, funksies en bankette soos Anglo American langdienstoekennings, Eskom

prysuitdeling, Harmony sportster van die jaar banket, Vrystaat sportmedia sportster van die jaar banket, Mercedes Benz (Vrystaat-steek) se 50-jaar verjaardagvieringe, Supersport “Lets Play” sport-pretdag en Medihelp besigheidsaflosse.

Sy deurgaanse skerp “op die voete dink” humorsin en sy vermoë om veral by toekenningsfunksies die nodige aandag op die wenners te vestig, asook sy vermoë om so ‘n funksie na ‘n klimaks aan die einde te lei, is in groot aanvraag regoor Suid-Afrika.

Rufus word ook gereeld ingespan as seremoniemeester by troues en lewer na ‘n lang tydperk as vryskut DJ gereeld radiopraatjies. Hy is ook al as kommentator by ‘n internasionale rolstoel-rugbywedstryd losgelaat.

Hy het boonop reeds as akteur in opleidingsvideos vir Anglo American verskyn.

Sy ondervinding, veral in Anglo American maak van hom ‘n gewilde MC onder alle kultuurgroepe, omdat hy bekend is met sogenaamde fanagalo!
Hy is in Bloemfontein gestasioneer en reis graag na enige plek in die land waar daar ‘n mikrofoon is!

Booking Form
Share this: